HESSEQUA NUUS - Die aantal bevestigde gevalle van die koronavirus in Suid-Afrika het Dinsdag 31 Maart op 1 326 gestaan, waarvan die Hessequa-streek volgens die jongste inligting beskikbaar steeds drie gevalle het.
Hoewel geen statistiek vir individuele dorpe verskaf word nie, het dr. André Botha van Carewell-privaathospitaal op Stilbaai en segsman vir die Stilbaai gemeenskapsgesondheidsgroep wat die drie mediese praktyke insluit, per e-pos aan Suid-Kaap Forum gesê dat twee plaaslike gevalle wel getoets is. Die uitslag daarvan is nie bekend nie.
Botha sê die toetsproses vir die virus is tans problematies aangesien daar nog nie ’n plaaslike toetsfasiliteit beskikbaar is nie. Dit geniet wel dringende aandag.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'