STILBAAI NUUS - Stilbaai-Bewaringstrust het Saterdag 10 September die beboste gedeelte bokant Skulpiesbaai in hulle stryd teen indringerplante getakel.
Hulle het spesifiek op Rooikrans en Manatok gekonsentreer.
Hoewel Skulpiesbaai-natuurreservaat onder Hessequa-munisipaliteit val, het hulle nie genoeg kapasiteit om hierdie taak op hulle eie aan te pak nie en het hulle met die bewaringstrust hande gevat.
Die munisiptalite verskaf ook die gel wat gebruik word om seker te maak die stompe loop nie weer uit nie.
Vir meer inligting en om betrokke te raak, kan dr. Deon Begeman by 082 440 7910 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'