STILBAAI NUUS - Volgens die eienaar, Hannes van Loggerenberg, het hy die nael van 'n wyfieleeu gedurende 1993 by 'n vriend in Zambië gekry.
Hy het dit na 'n juwelier op Thabazimbi geneem, wat dit aan die agterkant en bo met goud beslaan het, 'n hakie, asook goue ketting aangesit het.
Dié besondere juweelstuk het hy slegs per geleentheid gedra en hy het dit dikwels net op sy bedkassie langs die bed neergesit, soos op die spesifieke dag toe dit weggeraak het.
Van Loggerenberg het 'n saak by die plaaslike polisie aangemeld en dit word tans ondersoek.
Enigiemand met inligting wat kan lei tot die opsporing van die leeunaelketting, en/of inhegtenisneming en skuldigbevinding van die skuldige, kan hom by 073 879 8241, of konst. Joubert by Stilbaai-polisie by 028 754 6100 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'