HESSEQUA NUUS - Wêreld-diabetesdag op Donderdag 14 November het die fokus op dié siekte, wat die vyfde grootste oorsaak van sterftes in die land is, laat val.
In die Tuinroete het 1 653 pasiënte uit die sowat 54 000 wat in 2018/2019 getoets is, die siekte gehad – en baie mense weet nie eens hulle ly aan tipe 2-diabetes nie.
Persone ouer as 45 wat nie gereeld oefening kry nie, aan hoë bloeddruk ly, oorgewig is of ’n familiegeskiedenis van die siekte het, loop die risiko om dit te ontwikkel.
Gelukkig kan dit deur ’n gesonde leefstyl bestuur word.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'