RIVERSDAL NUUS - Vyf mans is vasgetrek toe hulle met sonkragbatterye, wat vermoedelik gesteel is, in hul besit betrap is.
Die voertuig waarin die mans gereis het, is omstreeks 19:30 Sondag 12 Mei in die dorp afgetrek.
Hulle is in hegtenis geneem en 'n klag van diefstal is teen hulle aanhangig gemaak. Die waarde van die batterye is sowat R84 000.
Volgens Riversdal-polisie mediawoordvoerder, konst. Venia Daries, is die vyf mans tussen die ouderdomme van 28 en 38 jaar uit die Oos-Kaap afkomstig.
Die polisie was op die uitkyk vir die verdagtes na die diefstal in verskillende dorpe aangemeld is. Die voertuig is voorgekeer na die polisie 'n wenk ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'