RIVERSDAL NUUS - Arnoux Rossouw, 'n gr. 8-leerder aan Hoër Landbouskool Oakdale, het 'n uitstekende prestasie by die 2026 CJS Dunlop junior muurbal ope toernooi in Centurion gelewer.
Arnoux, wat tans in die o. 15- ouderdomsgroep meeding, het die afgelope naweek sy staal teen ouer spelers gewys toe hy in die Hoërskoolseuns 1-afdeling teen o. 17-seuns deelgeneem het.
Hy het al sy wedstryde gewen - 'n besondere prestasie teen sterk teenstand.
Danksy sy puik vertoning het Arnoux nou na die 16de plek op die nasionale o. 15-ranglys opgeskuif.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’