Update
RIVERSDAL NUUS - Drie graad 12-leerders van Hoërskool Langenhoven het na baie jare se harde werk en toewyding in Voortrekkers die Presidentsverkennertoekenning verwerf.
Dit is die hoogste toekenning wat 'n junior Voortrekkerlid kan behaal. Verskeie Dasse het al hierdie gesogte toekenning in die verlede losgeslaan.
Die Voortrekkers wil hierdie jeuglede begelei om hulle volle potensiaal te verwesenlik. Die hoogtepunt van die Voortrekkerloopbaan is die nasionale Presidentsverkennerkamp wat vanaf 8 tot 12 Februarie op Doornkloof in die Vrystaat plaasgevind het.
Na suksesvolle voltooiing van die nasionale kamp word die Presidentsverkennertoekenning aan jeuglede toegeken. Dit is 'n prestige toekenning wat deur die Voortrekkers en Universiteite as 'n nasionale toekenning in kulturele leierskap geniet.
Om die afrondingskamp te kon bywoon, moes jeuglede deurlopend provinsiale Voortrekkerkampe bywoon, bewys lewer van bepaalde vaardighede, getuigskrifte van die gemeenskap indien en 'n nasionale vraestel oor die afgelope vier jaar se Voortrekkerwerk slaag.
Lees 'n vorige artikel hier: Drie presidentsverkenners vir dasseland
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'