STILBAAI NUUS - Die Stilbaai GPF (gemeenskapspolisiëringsforum) hou Saterdag 6 Desember hulle massaoptog deur die strate van Stilbaai en inwoners moenie paniekerig raak en hulle hartpille gryp as hulle die loeiende sirenes hoor nie.
Met die optog wil hulle net aan die inwoners en vakansiegangers wys dat hulle met reg kan veilig voel in hierdie feestyd.
Behalwe vir die GPF gaan die polisie, wetstoepassing, verkeersdiens, NSRI, ambulansdiens , brandweerdiens, Working on Fire (WoF) asook die buurt- en plaaswag deelneem.
Die optog begin 09:00 by Lappiesbaai en volg Hoofweg-Oos oor die brug en dan met Hoofweg-Wes tot by die hawe.
Kom wys jou ondersteuning en gun hulle die reg van weg tussen 09:00 en 09:30.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’