STILBAAI NUUS - Die reuse veldbrande wat by Pearly Beach en Mosselbaai woed, se rookwolke het Dinsdag, 6 Januarie, dik oor dele van Hessequa gehang.
Dit dien as waarskuwing aan inwoners en vakansiegangers in Stilbaai om uiters versigtig te wees met oop vure en stompies.
Dit verg net een kooltjie of smeulende sigaretstompie om 'n reuse veldbrand,wat buite beheer kan voortwoed, aan die brand te steek.
Maak seker dat die braaivleisvuur se kole heeltemal dood is voordat jy die braaiplek verlaat. Dit kan groot skade verhoed.
Indien jy 'n veldbrand gewaar, kan jy dit onmiddellik rapporteer by die Tuinroete-distriksmunisipaliteit se noodnommer. Dit is 044 805 5071 of WhatsApp 081 709 5193.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’