STILBAAI NUUS - Huis Stilbaai se Kersfees-omgeeprojek duur nog tot 22 Desember en hulle benodig tans toiletware vir die inwoners.
Skenk en maak 'n verskil! Dis 'n projek van omgee en liefde uit die hart uit.
As dit op jou hart lê, skenk toiletware vir 'n bejaarde in Huis Stilbaai.
Toiletware wat benodig word:
Seep
Onderarmspuitgoed
Sjampoe en haaropknapper
Lyfroom
Aanroldeoderant
Waslappies
Tandepasta en tandeborsels
Die aflaaipunt is by Huis Stilbaai in Perlemoenlaan. Kontak Lara Kotzé by 028 754 1560.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’