STILBAAI NUUS - Wanneer die son soggens sy kop uitsteek, is daar 'n miernes van bedrywighede in die Stilbaai-hawe.
'n Lang ry bote wag by die boothelling om te water te gaan, terwyl die kommersiële vissersbote, wat deur die nag gevang het, inkom.
Dit is belangrik vir die kommersiële bote om eerste aan land te gaan, want anders moet jy jou beurt afwag om die vis by die bakke skoon te maak voordat jy aan slaap kan dink.
Vakansiegangers drom dan ook by die bakke saam, want dit is hier waar jy 'n vars kabeljou vir vanaand se braai kan koop.
Dit is ook hier waar die vissermanne se onderlinge geterg, ten spyte van 'n lang nag op see, jou lagspiere behoorlik prikkel.
Die kabeljou was maar skaars die afgelope tyd en daarom is dit lekker om te sien hoe die bote met 'n ordentlike vrag vis aan land kom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’