Hierdie klub sal onder die vaandel van die PSSA (fotografiese vereniging van Suid-Afrika) funksioneer en as klub ook by hulle registreer. Maandelikse vergaderings sal gehou word waartydens lede se foto's bespreek en beoordeel sal word. Tydens elke vergadering sal daar ook 'n praatjie gelewer word waar basiese, asook gevorderde beginsels van fotografie, met lede behandel sal word.
Ander moontlikhede en reëlings sal tydens hierdie vergadering bespreek word en fotograwe word aangemoedig om hiervan deel te word. Deur die verkryging en deling van kennis oor alle aspekte van die ryke verskeidenheid van fotografie word fotograwe verryk. Uitstappies en ander fotografiese geleenthede sal ook op 'n gereelde basis plaasvind waartydens tegnieke ingeoefen en resultate verkry bespreek word.
Die vergadering sal plaasvind by Bauhiniastraat 33 op Donderdag, 8 November om 19:00. Almal wat 'n liefde vir fotografie het, meer wil leer en kennis en ervaring wil deel, is welkom. Skakel asseblief net vooraf vir Grove Koch by 083 557 2131 sodat die nodige reëlings vir verversings en sitplek getref kan word.

Die foto van die plaashuis is geneem deur Grove Koch. Hy beplan om 'n fotografieklub in Riversdal te stig.