SLANGRIVIER NUUS - ’n Winkelbestuurder op Slangrivier wat na bewering ’n klant Dinsdag 7 April geklap het, is met ’n ander bestuurder vervang.
Volgens ao. Alroy Windvogel, polisie mediawoordvoerder, het die vrou oor die prys van ses houers melk, wat glo duurder as gewoonlik is, gekla.
Sy het die melk op die vloer neergegooi, waarna die bestuurder haar na bewering geklap het.
Ten spyte van die inperkingsmaatreëls het ‘n klomp inwoners by die winkel saamgedrom en toe ’n polisievoertuig opdaag, het hulle daarop toegesak. Die polisielid het ’n waarskuwingskoot afgevuur. Die winkelbestuurder en die klant wou uiteindelik nie ‘n klag lê nie.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'