HEIDELBERG NUUS- Ten spyte van die streng inperkingsreëls wat landswyd heers om inhuisig te wees, blyk dit nie as afskrikmiddel vir misdadigers te dien nie.
Op die sewende dag van die inperking, Donderdag 2 April tussen 05:00 en 06:00 is by 'n winkel in die middedorp vir die tweede keer binne 'n week ingebreek.
Volgens die bestuurder, Betsie van Papendorp, het die sekuriteitsfirma haar net voor 06:00 gebel om haar van die inbraak te verwittig. "Tydens die eerste inbraak is meestal sigarette gesteel." Die skade wat tydens die twee inbrake berokken is, beloop ongeveer R11 000 plus, aangesien diefwering boonop nou by al die vensters aangebring moet word.
Die polisie het intussen bevestig dat daar 'n 20-jarige man vir die misdade gearresteer is. Hy word met beide inbrake verbind. - Clive Pretorius, korrespondent
Die twee vensters waar toegang verkry is.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'