STILBAAI NUUSFLITS - Die dorp bied op Saterdag 22 September vir die tweede agtereenvolgende jaar die Harcourts Hessequa Heritage-fees aan.
Dié unieke fees sal weereens uit ’n pretdraf bestaan, wat by die Stilbaai Toerisme-terrein eindig waar die Brood- en beskuitfees dan reeds in volle gang sal wees.
Deelnemers aan die 16 km-ren van Jongensfontein tot by die toerismeburo, asook die korter 5 km-ren wat by Skulpiesbaai begin, registreer Saterdagoggend by Stilbaai-gemeenskapsaal vir die twee afstande waar hul voertuie ook veilig parkeer kan word.
Lees meer in die Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'