TUINROETE NUUS - Veertig soldate – twee groepe van 20 elk – sal volgende Dinsdag 5 Januarie in die Tuinroete aankom en die volgende dag, Woensdag 6 Januarie, na verskillende areas ontplooi word.
Dit sal die weermag se tweede besoek tydens die pandemie aan die Tuinroete wees. Hulle was tydens die eerste piektydperk (Junie/Julie) ook hier.
Volgens die hoof van rampbestuur, Gerhard Otto, sal een groep in die Joodse Kamp in Hartenbos tuisgaan en die areas in Hartenbos, Mosselbaai en Hessequa dek, terwyl die tweede groep in Swartvlei sal bly en hulp sal verleen aan Knysna en Plettenbergbaai.
“Die soldate sal hoofsaaklik help met die toepassing van die regulasies en Covid-19 bewusmaking,” het Otto gesê. Die soldate sal in ‘n gesamentlike taakgroep met die polisie, munisipale wetstoepassingseenheid en verkeer saamwerk.
Otto het gesê die weermag se hulp word verwelkom en sal aangewend word soos benodig.
Die behoefte aan die weermag se hulp is al sowat ‘n maand gelede, aan die begin van Desember geïdentifiseer, aangesien daar ‘n tekort is aan mannekrag in die polisie en munisipale wetstoepassingseenheid weens Covid-19-gevalle. Otto het destyds ‘n versoek om hulp aan die provinsiale gesamentlike operasionele sentrum (prov joc) gerig.
English summary
Forty soldiers - two groups of 20 each - will arrive in the Garden Route next Tuesday 5 January and will be deployed to different areas the following day, Wednesday 6 January. This will be the army's second visit to the Garden Route during the pandemic. They were also here during the first peak period (June/July). According to Head of Disaster Management, Gerhard Otto, one group will be housed in the Jewish Camp in Hartenbos and will cover the areas in Hartenbos, Mossel Bay and Hessequa, while the second group will remain in Swartvlei and provide assistance to Knysna and Plettenberg Bay.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'