TUINROETE NUUS - Eergistermiddag, Maandag 19 Desember, het vier walvisse, vermoedelik dwergspermwalvisse op Diasstrand uitgespoel.
Pogings was aangewend om die walvisse te red en daarom het die Mosselbaai-munisipaliteit se omgewingspan die strand gesluit tot verdere kennisgewing.
FOTOGALERY: Walvisse spoel op Diasstrand uit
Volgens voorlopige inligting, het drie volwasse walvisse en een kalf uitgespoel. Verskeie rolspelers is op die toneel om die situasie te bestuur.
Foto's: Johan Swanepoel
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'