HEIDELBERG NUUS - ‘n Bejaarde vrou, Anna Andrews (79) van Joe Slovo Park, Heidelberg wag nou al langer as ‘n jaar vir ‘n plaaslike kontrakteur om haar kaste in die slaapkamer en en-suite klaar te maak.
Volgens Andrews het die kontrakteur, ‘n bekende in die dorp en streek, reeds in 2019 na die voltooiing van die bouwerk die geld in ontvangs geneem.
Sy was verplig om die kleineisehof te nader, maar selfs dit het op niks uitgeloop nie en moes sy weer die hof nader.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'