RIVERSDAL ‘n Jong tefie het gedurende die Desembervakansie agter 'n inwoner aangedraf.
Die dame het die tefie na die plaaslike dierekliniek geneem, wat haar gaan aflaai het waar sy die eerste keer gekry is, in die hoop dat sy na haar tuiste sal terugkeer.
Die veearts het haar twee dae later weer op straat gekry en na die kliniek geneem.
Hulle het 'n foto op sosiale media geplaas, maar geen reaksie ontvang nie. Die tefie is ongeveer 'n jaar oud en goed versorg. Sy is by die kliniek sedert 23 Desember.
“Dit is nie regverdig dat so 'n gesonde, pragtige en liefdevolle hond in 'n hokkie vasgekeer moet wees nie. Ons soek na die eienaar, of na aanneemouers so gou as moontlik,” vra Rachel Naudé-van der Watt van die kliniek.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'