Update
HEIDELBERG NUUSFLITS - Die twee mans wat vroeër vanjaar met meer as een ton perlemoen in hul besit betrap en gearresteer is, het Maandag 22 Januarie in die hof verskyn.
Nyovela Phutumile (59) en André Theunissen (33) het om borg aansoek gedoen.
Theunissen is op borg van R15 000 vrygelaat, terwyl Phutumile in aanhouding bly omdat ander klagtes ook teen hom ondersoek word.
Hulle is aangekeer nadat hulle by ‘n padblokkade op die N2 net buite dié dorp probeer op die vlug slaan het.
Die saak is tot Maandag 26 Februarie vir verhoor uitgestel.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Lees 'n vorige artikel: Twee met perlemoen betrap
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'