HEIDELBERG NUUS - Die Egiptenaar, Ahmed Rayeh (39) wat na bewering die 11 maande oue Jamie-Lee Fatjela raakgery het buite hul huis in Dollar Square, Heidelberg is vandag, 5 Januarie in die plaaslike landdroshof op R1 000 borg vrygelaat.
Rayeh moes ook sy paspoort inhandig.
Hy is Maandag, 4 Januarie in Mosselbaai gearresteer en word daarvan aangekla dat hy Saterdag 2 Januarie oor Jamie-Lee gery het en van die toneel weggejaag het. Jamie-Lee het dieselfde dag in die George-hospitaal aan sy beserings beswyk.
Janine Fatjela, Jamie-Lee se moeder sê die polisie het haar nie van Rayeh se hofverskynning in kennis gestel nie. Sy is erg onsteld.
Rayeh moet 16 Maart weer in die hof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'