STILBAAI NUUS - Vandale het die deur van die lewensredders se hokkie op Lappiesbaaistrand om geen rede nie afgebreek.
Stilbaai is nie die plek vir sulke barbaarse optrede nie en indien enigiemand iets hiervan weet is dit jou morele plig om dit so gou moontlik by die Stilbaai-polisie aan te meld.
Die vraag wat al hoe meer opduik is waarom hierdie tipe goed tydens skoolvakansies gebeur?
Selfs die pienk boei wat gebruik word tydens lewensredding is van sy staanplek afgebreek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’