RIVERSDAL NUUS - Nico van Dyk is as die departementshoof van die laerskool afdeling by Hoërskool Calitzdorp aangestel.
Hy is sedert 2012 'n Riversdaller, nadat hy van Kimberley verhuis het.
Hoewel hy onderwys aan die Goudstad Onderwyskollege studeer het, het hy vir twee jaar 'n klein restaurant op Riversdal bestuur.
Die skoolbanke het hom teruggeroep en hy het van 2014 tot 2016 vir laerskoolleerders by Hoërskool Albertinia skool gehou.
Hy is tans vir die hoër- en laerskool sportorganiseerder van Hoërskool Calitzdorp, waar hy alle sport soorte organiseer en ook laerskoolrugby.
"Ek voel positief oor die skool se vooruitgang en sien uit daarna om saam met die leerders en personeel, deel van die skool se groei te kan wees."
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'