Gallery Video
WITSAND NUUS EN VIDEO - Besoekers het na dié kusdorpie gestroom vir die 'Explorers Festival' wat vanaf Vrydag 29 September tot Maandag 2 Oktober plaasgevind het, ter viering van Port Beaufort se 200 geskiedkundige agtergrond.
Die vol program het aktiwiteite soos 'n pretdraf oor 7 km, bergfietsren, 'n 'Amazing Race' per motor, rolbal, bootritte, 'n spitbraai deur die plaaslike NSRI, 'n 'Whale of a Race Stand Up Paddle boarding'-kompetisie wat groot belangstelling - inskrywings gelok het, asook 'n demonstrasie deur skaaphonde ingesluit.
Volgens die organiseerder, Amanda Dixon, was dit 'n groot sukses en gaan dit beslis 'n jaarlikse instelling word.
Van die gelde geïn sal aan liefdadigheidsorganisasies geskenk word, asook aan die NSRI van Witsand.
Kyk 'n video hieronder.
Die uitslae is onder:
• Witsand Explore Run 7 km
• Whale of a Race
• Witsand Whale MTB Race 40km
• Witsand Explore Run 10km.pdf
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'