HESSEQUA NUUS - Hierdie jaar het verbygesnel en dit is weer tyd vir ons om ons jaarlikse vakansiegids (Holiday Guide) saam te stel wat in die middel van Desember beskikbaar sal wees.
Die vakansiegids word apart ingevoeg in al ons koerante en bied aan jou 'n unieke kans om jou besigheid aan vakansiegangers, toeriste en ook plaaslike inwoners te adverteer.
Dit gebeur so dikwels dat die plaaslike gemeenskap vergeet - of nie tyd het nie - om hul streek te verken en weet nie wat aan hulle gebied word nie.
Die vakansiegids sal wynroetes, optredes, wat om te doen wat dinge soos staproetes, pretdraf, besienswaardighede en byeenkomste insluit.Interessante en waardevolle inligting, soos waar blouvlagstrande is, die veiligste plek om te swem en hoe om jouself te bederf terwyl jy met vakansie is sal beskikbaar wees.
Besighede wat wil adverteer kry die kans om hul beste ware en diens in hierdie gids te plaas wat in al ons koerante regoor die Tuinroete versprei word - Suid-Kaap Forum, Mosselbaai Advertiser, George Herald, Oudtshoorn Courant, Knysna/Plett en Graaff-Reinet Advertiser.
Kontak Suid-Kaap Forum se advertensie-verteenwoordiger, Juan-Mare Conradie by jmc@groupeditors.co.za of skakel haar by 028 713 2468 vir meer inligting oor die Holiday Guide.
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'