Stilbaai polisie, in samewerking met die United Church het onlangs wintersklere, kos en komberse uitgedeel aan lede van die landelike gemeenskap.
Dié uitreik word jaarliks gedoen. Persone wat oortollige klerasie en komberse het, is welkom om dit te skenk aan die kerk sodat dit uitgedeel kan word aan behoeftiges.
FOTOGALERY
Lede van die United Church, Elize Claassens van Stilbaai polisie en lede van die landelike gemeenskap tydens die spesiale winter uitreik.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'