Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Elf mense het die afgelope naweek ternouernood ontkom toe twee sinkstrukture in die agterplaas van ’n huis in Sonskynstraat, Môrestond uitgebrand het.
Die brand het omstreeks 08:00 Sondag 10 November na bewering ontstaan na ’n kort kragonderbreking.
Die krag was sowat ’n uur af en toe dit weer weer aankom, het daar vermoedelik ’n kortsluiting ontstaan wat tot die brand gelei het. “Ek het gevoel my voete word warm,” vertel Sheldino (Dino) Johnson (11), wat by sy ouma Lisbon Johnson gekuier het. “Toe ek my oë oopmaak, sien ek die bed is aan die brand.”
Foto's: Brand laat gesinne haweloos
Ouma Lisbon het dadelik ’n emmer gegryp en die brand probeer blus, maar tevergeefs. Die brandweer het gehelp, maar nie net die huis waar sy al 40 jaar woon nie, maar ook die twee sinkstrukture waar haar kinders en kleinkinders en familie gewoon het, het tot op die grond afgebrand.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'