Gallery
STILBAAI NUUSFLITS - Studente van die Field Guide Association of South Africa, onder leiding van Louis Willemse, ervare nasionale gids en geakkrediteerde opleier, het dié kusdorp op 24 en 25 Mei besoek.
Die besoek is as deel van hul oorlandkursus wat in Franshoek begin het, deur Agulhas en Struisbaai gestrek en ook Mosselbaai en Oudtshoorn ingesluit het voor hulle in Haarwegskloof in die Renosterveld geëindig het.
By die NSRI Stasie 31is hulle met die boot uitgevat en is hulle deur die stasiebevelvoerder, Arrie Combrinck toegespreek oor die werksaamhede en die belangrikheid van die NSRI.
Hulle het twee aande in die Jongensfontein-karavaanpark gekamp.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'