STILBAAI NUUS - 'n Inbreker wat onder die bed weggekruip na hy by 'n leë woning ingebreek het, is deur twee polisielede vasgetrek na hul 'n oproep van 'n waaksame buurtwaglid ontvang het.
Die buurtwaglid het Donderdagaand 2 April om ongeveer 22:00 glas by 'n nabygeleë woning hoor breek en onmiddellik die polisie geskakel, wat dadelik opgetree het.
Sersante Vernon Rhaal en Henry Jaftha het met verdere ondersoek van die leë woning 'n gebreekte venster opgemerk.
Die twee beamptes het ingeklim en die inbreker onder die bed gevind waar hy weggekruip het.
"Dit wil voorkom of die man erg dors was, want hy het al die drank reeds in die huis bymekaar gesit," vertel die stasiebevelvoerder, kapt. Johan van Tonder. Die beskuldigde word aangehou.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'