ALBERTINIA NUUS - Hoërskool Albertinia het op Vrydag 28 Julie hul heel eerste Teateraand in die skool se geskiedenis aangebied.
Daar was verskillende soorte opvoerings deur die skool se talentvolle akteurs en aktrises en die program is goed afgewissel met dramatiese en komiese opvoerings.
Die spel van die dramagroep was puik en professioneel.
Dit was ook die twee dramaleiers, Branville Saayman en Elzaan de Haast, albei matriekleerders, se laaste optrede by die skool.
Branville was die teksskrywer van meeste van die verhoogproduksies. Carmen Karelse, een van die skoolopvoeders, was die programdirekteur vir die geleentheid en het haar uitstekend van haar taak gekwyt.
Die Teateraand sal ook nou 'n gereelde instelling by Hoërskool Albertinia word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’