ALBERTINIA NUUS - ‘n Paar van die klasse by Hoërskool Albertinia is blykbaar oorvol en word daar selfs in die saal klasgegee, sonder behoorlike toerusting.
Volgens inligting bestaan die graad 9-klas uit 101 leerders en die graad 10's uit 87 leerders.
Op navraag het Bronagh Hammond, media woordvoerder vir die Wes-Kaap onderwys departement gesê dat die uitdaging is wanneer leerders in verskeie grade opgedeel word en jy uit een graad ‘n kleiner klas saamstel as in ‘n ander een, wat juis die geval is by die graad 9 en 10-klasse ter sprake.
“Die skool se aansoek vir ‘n bykomende onderwyspos is tans onder bespreking vir oorweging.”
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'