RIVERSDAL NUUS - Adam Jacobs, oftewel Riversdal se sypaadjieslaper soos sommige inwoners na hom verwys het, is oorlede.
Polisie-woordvoerder, sers. Christiaan Jansen, het aan Suid-Kaap Forum bevestig dat Adam se lyk omstreeks 14:00 op Donderdag 2 Junie in 'n stegie in Mitchellstraat naby die taxistaanplek gevind is.
Jansen sê dit blyk hy is aan natuurlike oorsake dood en dat geen gemene spel vermoed word nie. Die polisie het derhalwe besluit om nie 'n dossier te open nie.
Adam het hom gereeld op die hoek van Heidelbergweg en Kerkstraat net langs die Riversdal Apteek tuisgemaak.
Vir sommige was hy 'n steen des aanstoots, maar baie ander het hulle oor hom ontferm en gereeld vir hom kos geneem.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'