HEIDELBERG NUUS - Twee opvoeders van Hoërskool Heidelberg het net voor die skole vir die vakansie gesluit het, sowat 60 leerders vanaf graad 1 tot 3 vir swemlesse by die plaaslike swembad geneem.
Dié lesse is in samewerking met vrywillige lewensredders, Hessequa-brandweerdienste, ambulans-, asook plaaslike polisiedienste aangebied.
Verskeie aspekte van eerstehulp nooddienste is aan hulle uitgewys.
Na die swemlesse is erkenning aan die lewensredders gegee wat hul eerstejaar eksamens suksesvol voltooi het.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'