RIVERSDAL NUUS - Aubrey Johnson van Riversdal mag slegs ongeveer 1% sig hê, maar dit het hom nie verhoed om 'n groot groentetuin aan te lê én te onderhou nie.
In sy tuin is 'n groot verskeidenheid: uie, aartappels, patats, bone en sommer drie verskillende soorte tamaties. Dan is daar ook 'n avokadopeer- en vyeboom.
Van sy groente verkoop hy wel, maar hy gee baie ook weg aan mense wat dit nodig het.
•Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'