STILBAAI NUUS - Altesame 21 pragtige veteraan- en klassieke motors het Saterdag 9 Julie by Lapskuit in Stilbaai bymekaar gekom om aan 'n skattejag tipe pretrit deur Stilbaai en Jongensfontein deel te neem.
Die deelnemers het met tussenposes van 90 sekondes uitmekaar weggespring op 'n roete waar die navigator bietjie kaartlees moes doen.
Deelnemers moes ook 45 vrae beantwoord van plekke op hulle roete. Hulle moes ook by spoedbeperkings hou, verkeersreëls nakom en natuurlik die roete en natuurskoon geniet.
Daar was natuurlik ook pryse op die spel en die wenners was Kobus en Elize Joubert van Riversdal met hulle omgeboude 1981 Isuzu-bakkie.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'