RIVERSDAL NUUSFLITS - Die afsterwe van Johanna Stegmann (gebore Scholtz), oud-onderwyseres verbonde aan Laerskool Volschenk laat 'n groot leemte in die gemeenskap.
Dié beminde vrou met haar sprankelende persoonlikheid is skielik oorlede.
Johanna voltooi haar hoërskoolloopbaan by Hoërskool Outeniqua in George en bekwaam haar daarna as laerskoolonderwyseres.
In 1977 aanvaar sy die pos as graad 1 onderwyser by Volschenk.
Sy trou op 22 Desember 1979 met Danie Stegmann en word boervrou na vyf jaar in die onderwys.
Uit die huwelik is twee kinders gebore, Jan-Cor en Madri. Sy was baie lief vir haar man, kinders, skoonseun Dawie en twee kleinkinders, Joa en Nia.
Die dankseggingsdiens vir dié besondere mense-mens het Donderdag 5 Desember plaasgevind met die teraardebestelling in die familiebegraafplaas op Holbak.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'