HESSEQUA NUUS - Twee van die drie munisipale swembaddens in die streek is reeds oop vir die gemeenskap om te gebruik.
Takkieskloof-swembad op Riversdal se filter- , retikulasie- en chloorsisteme is in die 2016/17 boekjaar oorgedoen en het op Vrydag 1 September oopgemaak.
De Mist swembad se filter- en retikulasiesisteme is tans onder konstruksie vir ongeveer ses weke en dit behoort teen 10 November vir die gemeenskap oopgestel te word.
"Die publiek word versoek om Takkieskloof se swembad te gebruik tot De Mist se konstruksie afgehandel is," vra André Hansen, bestuurder van die vaste afval, openbare geriewe en fasiliteite van Hessequa-munisipaliteit.
Die vloerkrake in Heidelberg se swembad is herstel en dit is oorgeverf. Die swembad behoort ook reeds oop te wees. "Opgeleide lewensredders is reeds aangestel om diens by die onderskeie swembaddens tydens naweke, openbare vakansiedae en skoolvakansies te verrig."
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'