Video
HESSEQUA NUUSFLITS EN VIDEO - Dit is amper weer tyd vir Braaidag en vir baie mense is braai deel van hulle erfenis en koester dit die mooiste herinneringe van hul kinderdae tot nou.
Maar wat maak ‘n braai-kuiertjie suksesvol?
Suid-Kaap Forum het besluit om ondersoek in te stel en het bevind dat braaibroodjies beslis ‘n groot rol speel, vergeet enigiets, maar net nie die braaibroodjies nie.
Volgens Aletta Sutherland, Heidelberg korrespondent, was een van haar vereistes voor sy trou juis dat haar man ‘n braaibroodjie reg moet braai.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'