HESSEQUA NUUSFLITS - Kansa Suid-Kaap Karoo gaan gedurende September ‘n kinderkankerbewusmakingsveldtog aanbied.
Deelnemende skole sal finansieel by die veldtog baat vind. Dit sal strek vanaf Glentana tot Slangrivier.
Dit is hul doel om gedurende die tyd die streek te betower in ‘n gloed van goud - die kinderkankerbewusmakingskleur.
"Ons het dit goed gedink om aan alle leerders ‘n goue strikkie, wat deur ons voorsien sal word, te koop aan te bied teen ‘n vasgestelde prys, wat vooraf met skole ooreengekom sal word."
"Die geld wat ingesamel word sal dan eweredig tussen die deelnemende skool en Kansa verdeel word. Die skool kan dus hul gedeelte van die inkomste gebruik vir eie gewin," verduidelik Lucinda Viljoen, gemeenskapsmobiliseerder.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'