HESSEQUA NUUS - Die Wes-Kaap gesondheidsdepartement sit hierdie week hul deur-tot-deur sifting vir die koronavirus voort.
Die spanne was Maandag 25 en Dinsdag 26 Mei in Melkhoutfontein besig.
Slangrivier is Dinsdag tot Donderdag 28 Mei aan die beurt. Gouritsmonders is Woensdag 27 Mei getoets en inwoners van Albertinia op Donderdag 28 Mei. Riversdal sal vanaf Maandag 25 tot Donderdag 28 Mei gesif word.
Die departement herinner almal dat hul werkers duidelik herkenbare kleredrag dra en identifikasie vertoon. Enigiemand kan versoek dat sifting buite hul huise gedoen word. Indien 'n werker dink iemand het moontlik die virus, sal dié persoon gevra word om vir 'n toets te gaan. Inwoners word versoek om hul samewerking te gee.
• Volgens 'n mediaverklaring deur Hessequa-munisipaliteit uitgereik is 12 427 mense tydens die vorige sifting in die gebied wat tussen 11 en 14 Mei plaasgevind het, gesif en 119 is vir toetsing verwys.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'