RIVERSDAL NUUS - Vervalste R200-note:
Riversdal-polisie se kommunikasiebeampte, sers C Jansen, vra dat die gemeenskap op die uitkyk moet wees vir vervalste R200-note.
"Dié note is in omloop en veral besighede moet seker maak dat dit nie vervals is wanneer hulle daarmee betaal word nie," waarsku hy.
Persoon doen hom voor as polisielid
'n Man wat hom voordoen as 'n werwingsoffisier van die polisie en spesifiek jong vroue nader, is bedrywig in die dorp. Hy vra dan R500 vir die meisies wat hulle vooruit moet betaal.
"Die man is beslis nie 'n polisielid nie en ons vra dat die vroue ons dadelik moet laat weet wanneer hulle deur hom genader word, sodat ons kan optree," vra Jansen.
Aanlyn-aankope
Baie mense verkies deesdae om aanlyn-aankope te doen, veral met Covid-19 in die omloop. Alle webtuistes is egter nie wettig nie, maar word deur bedrieërs geskep om mense van hul geld te beroof.
"Maak dus seker dat dit nie 'n slenter is voor jy jou swaarverdiende geld verloor nie," waarsku hy.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'