Die betrokke welsynsdienste was aanvanklik op armblankes gerig en dit het in sekere kringe die organisasie se besondere bydrae tot die daarstelling van gesofistikeerde maatskaplike werkdienste en strukture oorskadu.
Die plaaslike tak is op 25 Junie 1937 gestig.
"ACVV het sterker en groter geword oor die dekades heen omdat ons gedryf word deur vurigheid, voortvarendheid en vrolikheid van vroue," het Alicia Prins, plaaslike maatskaplike werker gesê.
'n Herdenking is op Woensdag, 10 September gevier. Die tema, 'n Blink toekoms wag, gee erkenning vir kinders wat hul ligdraers vir die toekoms is.
Die fokus was om ECD fasiliteite te teiken.
Lizelle Fredericks van die Departement Maatskaplike Ontwikkeling het die studente toegelig oor hoe om 'n kleuterskool of nasorgsentrum te registreer, asook die befondsingsproses.
'n Kinderwetsessie is aangebied deur Nicolé Boshoff.
Na afloop van die program het almal gesellig verkeer.

ACVV-personeel Nicolé Boshoff (heel links voor), Coreen Jansen van Rensburg en Alicia Prins (voor regs) saam met Doreen Weber en vlak 1 ECD studente. Inlas: Granwin Scholtz en Lizelle Fredericks van die Departement Maatskaplike Ontwikkeling, Riversdal.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'