SLANGRIVIER NUUS - Een van Slangrivier se boorlinge, Grandhal Esau het Sondag, 13 September in die vroeë oggendure ’n grusame ongeluk wonderbaarlik oorleef.
Esau, nou in die Paarl woonagtig en wat in Bellville-Suid as sersant gestasioneer is, was ongeveer 02:15 op die N1 Brackenfell op pad huistoe.
’n Volkswagen Polo het in die verkeerde rigting met die polisievoertuig, waarvan Esau die enigste insittende was, trompop gebots.
Esau is met ernstige kopbeserings in die Vincent Palloti-hospitaal opgeneem.
• Lees meer in die week se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'