RIVERSDAL NUUS - Die gemeenskap word gewaarsku om nie jong kinders met 'n groot som geld êrens heen stuur nie.
Kinders word met die kontant gestuur om byvoorbeeld elektrisiteit te gaan koop.
"Die kinders word deur skollies of ouer kinders beroof en dit kan hul lewens kos as die kind dit waag om hom of haar teen te sit," waarsku konst. Venia Daries, die polisie se skakelpersoon.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'