RIVERSDAL NUUS - Die Jack Simons ANC-tak in Riversdal het dr. Vicky van Wyk, plaaslike geneesheer vir sy positiewe bydrae vereer tot die opheffing op vele gebiede van die gemeenskap.
Die spoggeleentheid het in die burgersentrum plaasgevind en is dit deur rdl. Chris Taute, leier van die amptelike opposisie in die stadsraad toegeken.
Van Wyk is reeds 50 jaar ’n mediese dokter en praktiseer hy die afgelope 40 jaar as geneesheer op Riversdal.
Die welverdiende erkenning is ’n pluimpie vir die ANC, wat met die geleentheid verskeie gemeenskapslede vereer het vir hul positiewe bydrae tot die vooruitgang tot die dorp en samelewing.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'