STILBAAI NUUS - Pikkewouter-kleuterskool van Stilbaai het Saterdag 21 Oktober ‘n lekker potjiekoskompetisie aangebied ten spyte van die stortreën.
Spanne het onder gazebos en tente hulle vure lewendig gehou terwyl 22 potte buite die gemeenskapsaal geprut het.
Binne die saal was stalletjies met kos en speletjies vir die kinders, maar die pannekoektafel was die gewildste.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’