STILBAAI NUUS - Nie eers die harde reënbuie kon deelnemers aan Pikkewouter op Stilbaai se jaarlikse potjiekoskompetisie se geesdrif demp nie.
Die terrein langs die gemeenskapsaal is in 'n potjiewonderland omskep.
Daar was kerriepotte, hoender- en waterblommetjiepotte, skaap- en osstertpotte, te veel om op te noem.
Suanie Oberholzer, hoof van Pikkewouter, sê dat die ondersteuning van besighede en die gemeenskap was ongelooflik.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'