STILBAAI NUUS - Elsona Matthee het inwoners vanoggend (Woensdag 9 Mei) van die dorp op sosiale media teen ’n slenter gewaarsku nadat haar man, Daniel vroeër daarmee te doene gekry het.
’n Man met die naam van Adriaan bel glo mense en vertel dat hulle woonstelle ongeveer 14 km buite Stilbaai bou en dat daar werksgeleentheid is, maar eers as hy twee lugtydkaarte van ongeveer R500 ontvang. Hy belowe dan om dit terug te betaal.
Dit moet boonop vir hom gebring word en hy sal dan die persoon vergoed vir die rit na die perseel en vir die lugtyd.
Verskeie mense het kommentaar gelewer dat hulle al vantevore met die man te doen gekry en dat hy in die verlede ook beeste aan die gholfklub en selfs aan die kerk belowe het.
Die polisie is glo bewus van die persoon, maar mense word aangeraai om dit steeds te rapporteer.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Tuinroete nuus'