Breaking News
HEIDELBERG NUUS - Leerders van Kairos Senior Sekondêre en De Waalville Primêre skole kon nie by die skool uitkom nie omdat die Klipdriftpad wat na dié skole lei, verspoel het.
Volgens sers. Blackie Swart wat op Klipdrift woon, het daar teen vanoggend reeds 95mm reën geval.
Inwoners wat in die omgewing woon of werk, of selfs besoekers aan Klipdrift word gemaan om versigtig te bestuur en liefs van ‘n alternatiewe roete, indien beskikbaar, gebruik te maak.
Volgens inligting is groot dele van die paaie in die Joe Slovo Park-woongebied ook onder water.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'