John en Vinita Skiedekat van die Onderrivier is rasend van bekommernis nadat Deidré (13) 'n graad 8-leerder sedert laatmiddag Woensdag, 17 Julie nie huis toe gekom het nie. Haar ma vertel dat Deidré nog die dag in die skool was en die middag gesê het dat sy parkie toe gaan. "Sy was teen skemer nog nie terug nie en ek het haar gaan soek, waar ek haar haar met 'n vriend gekry het. Ek het haar gesê om huis toe te kom". Volgens Skiedekat het haar dogter nie teruggekeer nie en was sy ook nie Donderdag in die skool nie. "Dit is toe dat ek die polisie gekontak het en ook my man wat in Albertinia werk".
Op sy beurt vertel John dat hy onmiddelik gekom het toe hy hoor dat sy lieflingdogter vermis is. "Ek was ook by die vriend se huis, maar hulle het ontken dat sy daar was," het hy gesê. Volgens Vinita het hulle wel inligting ontvang dat sy iewers in Fisantekraal saam met 'n 29-jarige man is. "Ons loop ons egter in doodloopstrate vas met die presiese adres waar hulle is."
Volgens a.o. Alroy Windvogel, plaaslike polisie skakelbeampte volg hulle alle leidrade op, maar het nog geen sukses behaal nie. Die saak is ook onder brig. Gerhard Jantjies, Mosselbaai gebiedshoof, se aandag gebring. Daar word 'n dringende beroep op die gemeenskap, ook van Fisantekraal om op die uitkyk te wees vir Deidré. Sp. konst. Desmond Bantom kan by 082 346 7591 geskakel word. Inligting kan ook direk met enige polisiestasie deurgegee word.
*IN SHORT
Local police are urgently seeking for Deidré Skiedekat that resides at Slangrivier and who went missing on Wednesday, 17 July. According to her mother, Vinita her daughter failed to return home the evening and was apparently spotted with a friend. There is also speculations that she was seen with a 29 year old man. Any person with information about her where abouts can contact const. Desmond Bantom on 082 346 7591.

Deidré se ouers, Vinita en John Skiedekat is rasend van bekommernis nadat sy sedert Woensdag vermis is. Foto: Clive Pretorius.